Smelt in die mond roomhoender

 

6 tot 8 hoenderdye

sout en peper

125ml blatjang

1 houertjie room

 

Ontvries dye en plaas in kasserol bak of argilla bak.  Strooi sout en peper oor.  Meng blatjang en room en gooi oor die dye.  Plaas deksel op en mikrogolf vir 20-25 min op 75% krag.  Jy kan dit ook in die gewone oond bak vir ongeveer 1 uur of tot gaar.