Baba aartappels in roomsous

 

Moeg om die gewone weergawe te maak kan jy gerus hierdie resep probeer wat ek by Felicity Bezuidenhout gekry het.  Sy doen spyseniering van funksies en is nooit suinig om haar resepte met jou te deel nie.

 

1kg baba aartappels

500ml room ( kan verdun word met helfte melk en helfte room)

knoffel, aromat en sout na smaak

 

Kook aartappels mwt skil net tot gaar en trek skilletjies af en hou warm.  Verhit intussen die room, knoffel, sout en aromat.  Verdik sous met 1 eetl mielieblom wat met `n bietjie melk aangemaak is tot `n pasta en voeg by die gekookte room en roer tot dik.  Gooi roomsous bo-oor aartappels en meng deur.  Hou warm tot jy dit opdien.  Met hierdie resep kan jy baie mee speel bv om gesnipperde gebraaide bacon ook by die aartappels te voeg voor die sous oorgegooi word., so ook sampioene.