Pampoenpoffers

 

Hierdie reseppie hoort eintlik nie by die groente nie maar kan deurgaan as poeding.  Kom uit my staatmaker boek , Knuppeldik vir koningskos.

 

750ml gaar gemaakte boerpampoen

2 eiers

5ml sout

500ml bruismeel of gewone koekmeel kan ook gebruik word maar dan voeg ek ook 2t bakpoeier ekstra by.

15ml bakpoeier

500ml olie

Sous

500ml suiker

250ml water

125ml melk

25g botter of margarien( 30ml en 2 eetl)

knippie sout

10ml mielieblom

 

Klop pampoen, eiers en sout saam.  Meng meel, bakpoeier saam en meng met pampoenmengsel tot `n sagte deeg.  Verhit kookolie oor matige hitte.  Skep lepelsvol na jou keuse in olie en bak tot gaar.  Dreineer op kombuispapier en hou warm.  Verhit al die stroop bestandele behalwe mielieblim saam tot kookpunt.  Meng mielieblom met `n bietjie koue water tot `n pasta en roer by stroop.  Gooi oor warm poffers.  Lewer sowat 3 dosyn poffers.