Ma Bootha se Spaghetti in Tamatiesous
20-25 groot tamaties 4-5 groot uie 1 pak spaghetti 1k appelkooskonfyt 1 t peper halwe k sout driekwart k asyn 1 t fyn neut halwe t naeltjies 2 k suiker
Kook tamaties en uie saam tot sag en druk deur sif. Voeg by geursel bestandele behalwe asyn. Kook tot dik en roer af en toe. Kook spaghetti apart en gooi water af en roer by tamatiemengsel. Voeg asyn by en laat opkook en bottel warm. |