Soetpatats
3 groot patats 3 eetl botter Halwe k suiker Halwe k melk Halwe k water Halwe t sout Halwe t koeksoda 2t suurlemoensap
Roerbraai botter en suiker tot karamel. Voeg melk, water, sout, koeksoda en suurlemoensap by. Oppas vir oorkook. Sit skywe patats in die sous en plaas deksel van die kastrol op. Laat patats kook tot sag en souserig. |