Malvapoeding(Baie lekker)

 

250ml meelblom (1k)

5ml koeksoda (1t)

5ml appelkooskonfyt (1t)

15ml margarien (3t)

250ml melk (1k)

1 eier

250ml suiker (1k)

5ml suurlemoensap (1t)

 

Room botter en suiker en voeg eier by.  Voeg dan suurlemoensap, koeksoda en appelkooskonfyt by.  Roer meel en melk om die beurt by.  Bak teen 180 grade vir 1 uur in glasbak.

 

Stroop

250ml room (1k)

125ml margarien

250ml suiker (1k)

125ml kookwater (halwe k)

 

Kook alles saam vir 2 min en gooi oor poeding sodra dit uit die oond kom.  Bak tot karamelagtig.