Fudge(Tant Nannie)
125g botter 4k suiker 1k melk of water 1 blik kondensmelk 1t vanilla
Meng botter en suiker en melk. Plaas op die stoof en sodra dit begin kook, voeg kondensmelk by. Roer gedurig totdat mengsel gesmelt is. Onthou alle suiker moet gesmelt wees voordat jy die kondensmelk byvoeg. Kook vir 20 minute tot ligbruin. Toets vir die sagtebal stadium. Voeg dan vanilla by. Klop goed tot redelik dik. Gooi in `n gesmeerde pan en sny in blokkies voordat mengsel afgekoel is. |