Grenadella koeldrankstroop
8x250ml suiker 1,5 l kookwater 500ml grenadellamoes 15 of 25g engelse sout 15 of 25g wynsteensuur
Gooi die suiker, kookwater en grenadellamoes in `n groot kastrol. Roer totdat die suiker opgelos het. Verhit die mengsel tot kookpunt. Haal dit van die stoof af en gooi deur `n sif. Voeg die engelse sout en wynsteensuur by en meng. Laat die stroop afkoel. Gooi in skoon bottels en bewaar op rak of in die koelkas. Verdun die stroop na smaak met yswater en ys. |