Kookmelkkoekies
Hierdie reseppie het ek by Alet Grobler gekry. Baie maklike resep, gooi net alles bymekaar en meng. Jy kan hierdie as basis gebruik en net byvoeg wat jy wil bak bv vlapoeier vir vlakoekies ens
12k koekmeel 900g margarien 2t koeksoda 1k melk 4k suiker 1t vanilla
Bring melk en suiker tot kookpunt en voeg koeksoda by. Klits tot skuim en laat afkoel. Meng botter en meel goed en voeg by. Maak aan en bak in oond van 180 grade. Gebruik `n koekiedrukker of `n vleismeul om koekies te vorm. |