Soetkoekies sonder eiers

 

Baie goedkoop koekie om te maak en die sitrusskil gee aan hom `n interesante smaak.

 

2,5ml koeksoda

300ml suiker

125ml melk

875ml koekmeel

10ml bakpoeier

knypie sout

250ml botter of margarien

5ml gerasperde lemoen of suurlemoenskil

 

Kook koeksoda, suiker en melk tot skuimend en laat afkoel.  Stel oond op 180 grade.  Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam en vryf die botter met die vingerpunte in.  Voeg die skil en melkmengsel by.  Maak balletjies of drup met teelepel op gesmeerde bakplaat.  Ek gebruik my koekiedrukker want dit is vir my minder moeite.  Bak sowat 20 minute tot mooi bruin.