Amarulakoek

 

60ml kakao

125ml kookwater

3 eiers

22oml suiker

60ml olie

250ml koekmeel

10ml bakpoeier

2ml sout

 

Meng kakao en kookwater en laat afkoel.  Klits eiers, suiker, olie saam en voeg by die kakaomengsel.  Sif  koekmeel, bakpoeier en sout en meng by die oliemengsel.  Bak 20 min by 180 grade in ‘n pyrexbak.

 

Stroop

200ml suiker

250ml water

60ml amarula (meer na smaak kan ook bygevoeg word)

 

Kook water en suiker tot opgelos en haal van plaat af en voeg amarula by.  Wanneer koek gaar is, steek klein gaatjies daarin en  en gooi sous oor warm koek.  Smeer gekookte kondensmelk bo-oor en voeg styfgeklopte room bo-oor dit.  Versier met fyngemaakte flake.