Appelmuffins

 

Beslag

500ml koekmeel

15ml bakpoeier

1ml sout

2ml neutmuskaat

125ml suiker   

60ml botter, gesmelt

125ml melk

1 eier geklits

250ml fyn gekapte appel

 

Bolaag

1 appel geskil, ontkern en gerasper

2ml kaneel

60ml ligte bruinsuiker

 

Voorverhit oond tot 200 grade en smeer muffinpanne.  Voer uit met papierkoppies.  Sif meelbestandele, behalwe die suiker, saam.  Meng die suiker , botter, melk en eier en appel en voeg by meelbestandele.  Roer tot net gemeng en skep in die papierkoppies, maak elk driekwartvol.  Meng die appel, kaneel en bruinsuiker en sprinkel bo-oor.  Bak 20-25 minute tot gaar.  Sit louwarm voor.  Maak 12 groot muffins.