Pynappeltert (Tannie Nannie)
250g geroomde maaskaas 1 blik kondensmelk 80ml suurlemoensap 440g pynappelstukke( ek verkies crushed pynappel) 1 pak vingerbeskuitjies (ek gebruik ook tennisbeskuitjies) 12,5ml vlapoeier 15ml suiker
Meng kondensmelk en suurlemoensap en voeg maaskaas by. Gooi oor die beskuitjies. Dreineer pynappels en pak vrugte bo-op die vulsel. Meng die stroop, vlapoeier en suiker saam en kook tot dik. Versier met geklopte room en plaas in die yskas tot benodig. |