Peppermenttert
1 pak tennisbeskuitjies 1 blok pepperment sjokelade(aero of crisp) 1 blik karamel kondensmelk 250ml room 5ml peppermentgeursel
Klits room styf en voeg karamel kondensmelk by. Rasper die helfte van die sjokelade grof en voeg by. Voeg geursel by en meng goed deur. Pak tennisbeskuitjies en vulsel laag vir laag. Rasper oorblywende sjokelade fyn en gooi oor die tert. Verkoel in die yskas tot geset. |