Milo kaaskoek

 

Tertkors

200g tennisbeskuitjies, fyngemaak

60ml milo

125ml gesmelte margarine

Maak ‘n krummelkors en voer ‘n tertbord daarmee uit en verkoel tot benodig.

 

Vulsel

2 houers (250g elk) geroomde maaskaas (marscapone kaas kan ook gebruik word, net meer ryk)

1 blik kondensmelk

20ml gelatine

30ml koue water

100ml kookwater

250ml room, verkoel

200ml milo

ekstra milo om oor te sif

 

Klits maaskaas en kondensmelk effens saam.  Sprinkel gelatine oor koue water.  Laat tot sponserig, giet die kookwater by en roer tot opgelos.  Voeg by die maaskaasmengsel en meng deur.  Klits die room en milo saam tot styf en vou by die kaasmengsel in.  Giet in die tertkors en verkoel oornag, tot stewig.  Sif ekstra milo bo-oor.  Lewer ‘n middelslag tert.