Spaghetti in Tamatiesous
Hierdie resep is Ma Bootha s`n. Baie lekkerder as die winkel s`n!
20-25 groot tamaties 4-5 groot uie 1 pak spaghetti 1k appelkooskonfyt 1t afgeskraapte peper halwe k sout driekwart k asyn 1t fyn neut halwe t naeltjies 2k suiker
Kook tamaties en uie saam tot sag en druk deur `n sif. Voeg by geursel bestandele behalwe asyn. Kook tot dik en roer af en toe. Kook spaghetti apart en gooi die water af. Roer by tamatiemengsel. Voeg asyn by en laat opkook en bottel warm. |