Lekker lemoenkonfyt
Hierdie konfyt is net so lekker en glad nie soveel moeite soos `n mens dink nie.
Sny 8 lemoene in dun snippers en haal die pitte uit. Meet 3k water vir elke 1k snippers en week oornag. Kook volgende dag tot papsag en laat staan weer oornag. Weeg 500g suiker vir elke 500g pulp. Voeg sap van drie suurlemoene by. Kook vinnig en roer gereeld. As dit kook soos lawa is dit reg. Laat afkoel en bottel. |