Braaivleiswieletjies met roomsous
Hierdie resep kom van my skoonsuster Marie, van Naboomspruit af na die kinders daar gaan kuier het. China het seker gemaak dat sy met die resep terug kom. Baie lekker!
1 pak gekoopte vetkoekdeeg 250g spek gesnipper 2k gerasperde kaas 1 pakkie potatoebake( geur van jou keuse bv knoffel en kruie) 500ml room
Rol deeg langwerpig uit tot omtrent 5mm dikte en smeer margarine of botter bo-oor soos jy oor brood sal smeer, strooi potatoebake bo-oor en dan die gesnipperde spek en kaas en rol op in rolkoek vorm. Sny in skywe en plaas in gesmeerde pan teenaan mekaar. Strooi laaste potatoebake bo-oor en giet room bo-oor en laat rys tot pan vol is. Bak in oond van 180 grade vir omtrent 45 min of tot toetspen skoon uitkom. |