Gebottelde noedel of spaghettislaai
Hierdie handige reseppie kom van Salome af. Ek maak dit gereeld om te gebruik wanneer ek onverwagte gaste sou kry want dit word vooraf gemaak en gebottel. Theunis se favourite! Onthou net om in die yskas te sit na jy dit oopgemaak het.
500g uie fyn gekap 2 groenrissies ontpit en in blokkies gesny kookolie om in te braai 1kg ryp tamaties ontvel en fyn gesny 500ml suiker 250ml wit asyn 7ml sout 350g rou skulpienoedels od 1 pak spaghetti 60ml mayonnaise
Braai uie en soetrissies in olie tot sag. Voeg die tamatie by en prut tot `n moes. Voeg die suiker, asyn en sout by en roer tot suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en prut 15 min lank. Kook noedels of spaghetti tot sag en dreineer. Voeg by die tamatiemengsel en voeg mayonnaise by. Verhit tot kookpunt en bottel in gesteriliseerde bottels terwyl nog warm. Lewer 2,75 liter. |