Spesiale Aartappelslaai
6 aartappels, geskil en gaar gekook 4 hard gekookte eiers 125g spekvleis in blokkies gesny 1 groot ui fyn gekap 180ml kaasblokkies 375ml mayonnaise 45ml melk 15ml paprika 30ml kondensmelk sout en swart peper na smaak
Sny aartappels en eiers in blokkies. Hou eenkant. Braai spek en uie saam tot geurig. Meng met die aartappels en eierblokkies. Meng mayonnaise, melk en giet oor die slaai. Laat staan 2-3 uur lank in yskas voor dit bedien word. Genoeg vir 6 mense. |